Op facebook raakgeloop en ek deel graag die stukkie geskiedenis:
Daar is baie verhale van verskrikking wat in ons jong volk se geskiedenis opgeteken staan. Maar niks erger as wat die nag van 16 Februarie 1838 langs die lope van die Tugelarivier gebeur het nie.
Met dit ter agtergrond wil ek julle graag ‘n verhaal van siellose ironie vertel: Hoe ʼn jong Voortrekker meisie wat die nag van slagting 21 assegaaiwonde oorleef het, 165 jaar ná die noodlotsaand weer deur ʼn assegaai vermink is.
Haar naam is Johanna van der Merwe.
Johanna was net twaalf jaar oud en was saam met haar gesin een van die splintergroepies Voortrekkers wat teen die goeie raad van ‘n leier, Gert Maritz, teen die Tugelarivier opgetrek het en langs sy lope laer opgeslaan het in afwagting van die terugkoms van Piet Retief en sy manne.
Retief-hulle is toe egter reeds tien dae tevore vermoor in Umgungundlovu, in opdrag van die Zoeloekoning Dingaan. Van sy manskapppe is wreed gemartel. Sommige het ʼn uiters pynlike dood gesterf nadat skerpgemaake stokke van agter in hul lywe opgedruk is. Die sogenaamde ‘impalement’.
In dié opsig was Retief gelukkkig om ʼn vinnige dood te sterf. Volgens sommige ooggetuies is ʼn assegaai van onder sy keel in sy kop ingedruk…
Dingaan het daar sy impi versamel wat deur die slagting van die Retief-kommando tot groot bloeddorstigheid opgesweep was met die opdrag: Gaan slag die hoenders in hul neste…
Die laatmiddag van 16 Februarie 1838 is met ʼn pragtige aandskemering begroet aan die walle van die Tugela. Dit was ʼn tipiese soel somersaand in Zoeloeland. Windstil en wolkloos. Maar donkermaan.
Oral langs die rivier het die Voortrekkers, wat oor ʼn groot omgewing en in baie gevalle kilometer van mekaar versprei was, gereed gemaak vir die aand. Vure sou sekerlik oral aan die brand wees. Die reuk van braaivleis en geurige wild in swartpotte in die lug. En die lag van spelende kinders.
Niemand het onraad vermoed nie. Hulle het tewens verwag om Retief enige oomblik terug te verwelkom met goeie nuus oor hul nuutgevonde land…
Die vure het metterrtyd uitgebrand, ligte is gedoof en kinders is in sagte vere- en velkomberse toegemaak vir die nag.
Mettertyd het die geluide van die nagvolk die omgewing om die laers met ʼn stille rustighed en vrede gevul. Die krieke en jakkalse. Die stil gekreun van die beeste.
Omstreeeks middernag is die eerste laertjies aangeval. Almal en alles is afgemaai. Mens en dier. Kinders is lewend uit vroue gesny. Vroue se borste en hakskeensenings is afgekap. Mae is oopgekloof sodat die ingewande op die grond gesleep het.
Klein kinders se koppe is teen wawiele verbrysel.
In een aangryende verslag van ʼn oorlewende vrou vertel sy hoe ma’s hulle kleintjies bewusteloos probeer kry het deur op hulle te gaan lê omdat dit ‘te wreed sou wees” om hulle koppe teen die wawiele pap te laat slaan.
Ons kan ons voorsttel dat klein Johanna en die mense van die Van der Merwe-laer eers wakker geword het toe die bloeddorstige impi op hulle was: Die krete van die aanvallers; vroue en kinders wat histeries gil en skree; hier en daar ʼn skoot.
Kan ʼn mens jou werklik hierdie klanke van die afgryslikste angs en doodstryd voorstel?
Daar is meer as een weergawe oor presies wat met klein Johanna gebeur het. ʼn Kleinkind van haar het jare later vertel sy het saam met ander vroue onder ʼn wa probeer skuil en is daar uitgesleep en het onder ʼn assegaaireën deurgeloop. ʼn Stuk assegaailem het in haar rugwerwels afgebreek.
Volgens ʼn ander weergawe het Johanna, ʼn maatjie met die naam Betta de Beer en nog ʼn jong meisie in die chaos daarin geslaag om te ontvlug. Hulle het in ʼn doringboom geklim om so te ontkom.
Teen skemeroggend het daar steeds van die Zoeloes rondgemaal. Een het naby die boom verbygeloop en gesien hoe bloed uit die takke drup…
Die ander twee meisies is uit die boom gesleep. Johanna het stewig in ʼn mik vasgehaak en die Zoeloe het tervergeefs aan haar langs bos bruin hare gepluk om haar uit die mik los te kry. Toe hy dit nie kon regkry nie, is sy herhaaldelik met assegaaie gesteek en vir dood daar gelos waar sy later gevind is toe aasvoëls om die boom begin draai het.
Oor hierdie gebeure het C. Louis Leipoldt die volgende aangrypende gedig geskryf:
DIE KOPERKAPEL
Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die randjie rond:
“Dit het gereën; die veld is nat,
En nat is die rooi-geel grond.”
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: “Ek dink
Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: “Dis glad nie reën!
Dis kollerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen –
So glad, so styf, so mooi?”
En die wyse steenuil waag sy woord:
“Dis bloed, dis mensebloed!
Dis die lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed!”
Johanna het herstel, maar is erg kreupel gelaat. Sy is later getroud met Hendrik Delport en die die egpaar het ʼn groot gesin gehad. Sy is op 15 januarie 1888 op 62-jarige ouderdom oorlede.
Om haar nagedagtenis te herdenk het die vorige regering ʼn Daphnéklas-duikboot na haar vernoem. Die SAS Johanna van der Merwe.
In 2003 het die ANC-regering besluit om die duikboot te hernoem.
Die nuwe naam…
Assegaai…



