Vryheidsfront Plus Bedrog… Alweer!

Daar is al dikwels in die verlede verwys na die leuens en die bedrog wat die Vryheidsfront Plus en ook so dié van Pieter Mulder op verskillende van die VF+ se plaaslike en internasionale forums bedryf om hul politieke aansien te verhoog. Hierdie leuens het die skrywer al op verskillende geleenthede op Facebook ontbloot en ook vir Pieter Mulder daaraan gehaak, dat hy homself sou kon verantwoord as hy daarvoor kans gesien het.

Die Cape Dutch Afrikaner Politieke Party Vryheidsfront Plus wat veg vir die Afrikaner se regte.

Dit was nog elke keer duidelik dat die skrywer se stellings die waardig geag was vir Pieter mulder om op te antwoord nie. Na alles, waarom sou ‘n gesoute politikus wat sy bestaan regverdig deur verkiesing ná verkiesing vir sy kiesers te lieg oor sy doelstellings, en waarom hy weer ‘n ampstermyn verkies moet word, maar bly totaal in gebreke daarvan om sy veelvuldige nederlae in die dienende termyn te openbaar. Natuurlik word enige vrae daaroor, soos wat die skrywer ook talle kere ervaar het, uit die gespreksforum verwyder, en die vraer geblok sodat die liegende politikus alleenreg het op sy verdere misleidings en hol beloftes!

So het ons weer in die afgelope tyd nog meer van hierdie “regse” Cape Dutch Afrikaner politieke party se leuens en bedrog te siene gekry in die George kiesafdeling waarin daar ‘n geveg heers rondom die kandidatuur vir die Raadslidskap en die gevolglike Bourgemeesterskap. Hierdie drama is tans besigf om te ontvou en hoop ons om binnekort meer lig hierop te kan werp.

‘n Saak wat egter op hierdie oomblik baie aandag skep, is die skermskoot van ‘n artikel wat in die hande van die skrywer beland het, wat daarop wys dat dr Corné Mulder van die VF Plus, ook saam met die Afrikaner Broederbond in gesprek was rondom sekere politieke sake. In die skrywer se strewe om feitlike inligting bekend te maak en om die korrektheid van die inligting te kan staaf, het ek hierdie plasing op Facebook gemaak waarin ek vra of iemand meer lig kan werp op watter forum of artikel die skermskoot van gemaak is. Dit het egter nou al vir ‘n paar dae geen verdere inligting beskikbaar laat raak nie.

Het iemand enige inligting waaruit hierdie skermskoot kom? Dit sal waardeer word indien enigiemand hierdie bron kan identifiseer, asseblief.

Hierdie skermskoot is ook op ‘n paar van die VF Plus se Facebook blaaie gepos met die versoek dat iemand meer lig moet werp op die artikel en ook wat die bron sou wees waarin dit oorspronklik geplaas is. Dit is egter van die VF Plus se blaaie verwyder sonder dat daar op die versoek vir meer inligting gereageer is.

Dit is duidelik dat die inligting iets is waaroor die VF Plus nie wil praat in die openbaar nie. Toe stuur die skrywer die afskrif daarvan as ‘n Messenger-boodskap aan Corné  Mulder self, en tans lê dit nog onoopgemaak in sy geprekslyn.

Die plasing is egter nog te sien op die VF Plus Gauteng se Facebook blad en wel hier.:
https://web.facebook.com/plugins/post.php?href=https%3A%2F%2Fweb.facebook.com%2FVFplusGP%2Fposts%2F1020699001441183&width=500” target=”_blank” rel=”noopener”>https://web.facebook.com/plugins/post.php?href=https%3A%2F%2Fweb.facebook.com%2FVFplusGP%2Fposts%2F1020699001441183&width=500

Hierdie blog sal opgedateer word met die nodige sodra dt opgedateer kan word.

About Author


Ondersoeker van Waarheid

Seun van die Geloftevolk aan beide vaders- en moederskant. Ernstig oor die ware maar versteekte herkoms van die Boervolk, en begryp die redes waarom die Boervolk reeds sedert April 1901 onder YaHWeH se strafgerig verkeer. Die enigste uitkoms vir die Boervolk, is 'n diepe volks-verootmoediging en bekering.